BRIDGTON RUGBYKLUB het so pas ’n nuwe bestuur gekies.
Die nuwe bestuur is Benito Metembo (voorsitter), Edgar Erasmus (ondervoorsitter), Desmond Jansen (sekretaris), Wayne Wagenaar (onder-sekretaris), Macwill Jantjies (kassier) en Abe Hammon (trustee). Die addisionele lede is Albert Nokole, Elize Goliath en Grahame Avontuur. Jerome Jantjies is die hoofafrigter.
Die klub het tans meer as 120 spelers. Die ondersteunersdrag is van môre (Vrydag) by die klub beskikbaar teen R150.