Frelimo September van Bridgton Rugbyklub in aksie. Foto: Ebenezer Titus
DIE Bridgton Rugbyklub se A-span het Saterdag op die Bridgton Sportgronde sy SWD Premierligawedstryd teen Evergreens A met 26-36 verloor.
Bridgton se punte is aangeteken deur Bradwin Wanies (15) en Duzill Avontuur (14), wat elk ’n drie ge-druk het, Anver Venter (13), wat albei drieë verdoel het en drie strafdoele behaal het, en Adrian Booysen (10) wat ’n skepskop tussen die pale deurgejaag het.
Bridgton se B-span het met 21-32 teen Evergreens B verloor.
Vir Bridgton het Lee-Roy Nimrod (14) en Marvin Barnard (2) elk ’n drie. Brain Jonathan (15) het een van die drieë verdoel en drie strafdoele behaal.
Bridgton se C-span het darem hul klub se vlag hoog gehou deur Evergreens C met 14-7 te klop.
Bridgton se punte is aangeteken deur Jeandre Marnevick (7), wat ’n drie gedruk het, en Jacques Julies (10) wat drie strafdoele behaal het.
• Bridgton speel Saterdag teen Grootbrak op Grootbrak.