Bridgton derde op punteleer!

DIE eerste span van die Bridgton Rugbyklub het opgeskuif na die derde plek van die SWD Premierliga nadat hulle Saterdag (20 Mei) die eerste span van NMMU met 27-17 geklop het.
Dit was Bridgton se sesde oorwinning in ’n ry. As die span sy segetog voortsit, is hy verseker van ’n plek in die halfeind­ronde van die Premierliga.

In Saterdag se wedstryd is Bridgton se punte aangeteken deur Bradwin Wanies (heelagter) wat twee drieë gedruk het, Hershelle America (senter) en Adrian Booysen (plaasvervangersenter) wat elk een drie gedruk het en met ’n doelskop geslaag het, en Gino van Vuuren (los-skakel) wat ’n doelskop en ’n strafskop tussen die pale deurgejaag het.

• Bridgton se B-span het ’n wegholoorwinning van 61-7 oor NMMU behaal.
Bridgton B se punte is aangeteken deur Kurt Rhode (vleuel) en Ronald Bratz (agtsteman), wat elk twee drieë gedruk het, Duzil Avontuur (vleuel), Heinrich Erasmus (slot), Altheano Matolla (haker), Josef Saptou (plaasvervangersenter) en Jacques Julies (losskakel) wat elk een drie gedruk het. Julies was ook susesvol met agt doelskoppe.

• Bridgton se C-span het met 54-10 ook hul wedstryd oorheers.
Anrich Daniels (senter), Blaine James (agsteman) en Thiren Stoffels (skrumskakel) het elk twee drieë gedruk, en Chrizano Julies (vleuel), Marius de Laan (flank), Leroy Nimrod (plaasvervanger-senter) en Geraldo Cupido (plaasvervangervleuel) elk een. Brain Jonathan (heelagter) het twee drieë verdoel.