DIE All Blacks se A-span het Saterdag op die Rec die span van Uniondale in ’n SWD Presidentsligawed- stryd met 34-32 geklop ondanks die feit dat hulle slegs drie drieë teenoor Uniondale se vier gedruk het.
Uniondale het twee ligapunte verdien vir sy vier drieë en omdat hy met minder as 7 punte verloor het.
Die All Blacks se held op die dag was Duwayne Januarie, losskakel, wat altesame 19 punte met twee doelskoppe en vyf strafdoele aangeteken het. Bridgton se drie drieë is gedruk deur Mekeshwill Loksen (flank), Eslynn Ockers (reserweheelagter) en Dwayne van Rooyen (skrumskakel).
• All Blacks B het Uniondale B met 38-19 gewen. Die puntemakers was Wilton Adams, Curtley Jansen, Emile Dondas, Gezane Plaatjies en Jaco Manewil wat elkeen ’n drie gedruk het, en Elvino Ewerts wat drie drieë verdoel het.
• In ’n Karoostreekwedstryd Saterdag het die Oudtshoorn Rugbyklub se A-span met 28-5 teen Adias van Volmoed verloor, die span se eerste loesing in 15 wedstryde.
Adias het uitstekend gespeel en Oudtshoorn nie toegelaat om sy voete te vind nie. In die vorige wed-stryd tussen die twee spanne het Oudtshoorn gewen nadat Adias aanvanklik voorgeloop het.