Sue-Alice Gysman van die Jikkiado karateklub van Oudtshoorn het die Wes-Kaap Saterdag in Durban verteenwoordig in die Elite onder 35kg vir o.11-meisies en ’n bronsmedalje gewen. Sy het op 4 Maart ook n bronsmedalje gewen by die SA kampioenskap. Saam met haar is haar afrigter en mentor, sensei Avril Maarman.