Besoeker raap vleis op!

De Waal Marais ontvang ’n groot pak vleis van die klubkaptein, Johan Cornelissen

De Waal Marais ontvang ’n groot pak vleis van die klubkaptein, Johan Cornelissen

Deur Higgo Jacobs
’N BESOEKER van Bellville, De Waal Marais, het Saterdag Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisdagkompetisie met 43 punte gewen.

Wat sy oorwinning merkwaardig maak is dat hy maar onlangs begin gholf speel het en dat dit boonop die eerste keer is dat hy op Oudtshoorn se baan speel. Higgo Jacobs was tweede met 39 punte. Louis Willeman was op ’n uittel derde en Garth Matthews en Paul Stroebel was op ’n uittel van 38 vierde en vyfde. Die boerpot is gedeel deur Chloé Malgas-Kelpin en Chris Serfontein. Niel Ter­blanche het op die 12 de putjie die naaste aan die pen geslaan. Daniël Boks het ’n spogtwee op die 3de putjie behaal, Marius Westraad en Jaco Mortlock op die 8ste en Clement Rex op die 12de.

• Woensdag, 14 Februarie, se individuele stableford-kompetisie is deur Higgo Jacobs met 39 punte gewen. Johan Cornelissen en Frans Celliers, ook met 39 punte elk, was tweede en derde. Lollies van Rensburg (36) was vierde en Francois Verwey (34) vyfde. Hannes Smal het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan. Spogtwees op die 12de is deur Jacobs, Marius Wilken en Louis Slabbert aangeteken.