Besigheidskamer Gholfdag-aksie

Van links is Makka Swart (Oudtshoorn Gholfklub klubkaptein), Stephan Terblanche, Suné Ruping (Oudtshoorn Besigheidskamer), Jodi Mulder (Borg) en Martinus Oosthuizen. Foto: Lindi Brill

Verlede Woensdag, 7 Augustus, was dit weer tyd vir die maandelikse Besigheidskamer Gholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub.

Hierdie sewende gholfdag van die jaar is geborg deur Jodi Mulder van Financial Solutions in samewerking met Suid-Kaap Finansiële Dienste en Medilution.

Met 46 punte het Martinus Oosthuizen en Stephan Terblanche die eerste plek verseker. In die tweede plek was Skillie Pretorius en Francois André Beets met 45 punte en die derde plek is opgeraap deur André Plaatjies en Adrian Cupido met 43 punte. (Deur Lindi Brill)