Vinchenzo Adams, skrumska-kel van die All Blacks se A-span, met die bal in sy span se SWD Presidentsligawedstryd Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen Harlequins. All Blacks, voorloper op die Karoostreekpunteleer, het die wedstryd naelskraap met 22-20 gewen nadat hulle halftyd met 19-10 voor was.

All Blacks se bestuur het besluit dat die klub en sy ondersteuners voortaan hul tuisveld, die Plate, ná elke wedstryd gaan agterlaat soos hulle hom voor die wedstryd gekry het. Daarom ruim hulle al die vullis wat deur toeskouers gestrooi word, ná die wedstryd op.