All Blacks lê sterk op SWD Eersteliga A-punteleer

Die All Blacks se rygbyspanne het verlede Saterdag die spanne van Prins Albert aangevat in hul SWD Eersteliga-A wedstryde.

Na ’n klipharde wedstryd met vier drieë, ’n doelskop en ’n strafskop, het die All Blacks se eerste span die wedstryd met 25-33 verloor. Die span lê tans tweede op die A-spanne se punteleer met 40 punte, en kort slegs een punt om te verseker dat hulle halfeindrondte op hul tuisveld in Oudtshoorn gespeel sal word.

Die 2de span van die All Blacks het seker gemaak dat hulle hul wedstryd wen met 8 drieë en 7 doelskoppe. Die eindtelling op die bord was 54-10. Met hierdie oorwinning het die span hul plek in die halfeindrondte verseker wat op 7 September plaasvind.

Die nie-amptelike punteleer van die SWD Eersteliga A-afdeling na die wedstryde van die naweek vir die A-spanne is as volg:

1. Silver Stars (51) 2. All Blacks (40) 3. Collegians (35 +51) 4. Happy Hearts (35 -21) 5. Prince Albert (34) 6. Eagle Stars (32) 7. Knysna United (31) 8. Thistles (23).
Die B-spanne se puntelys is as volg:
1. All Blacks (56) 2. Silver Stars (48) 3. Thistles (38) 4. Prince Albert (32) 5. Eagle Stars (31) 6. Happy Hearts (24) 7. Knysna United (21) 8. Collegians (11). (Deur Lindi Brill)