Adias, die spogrugbyspan van Volmoed, het Saterdag sy negende wedstryd in ’n ry in die SWD Karoostreekliga gewen deur Young Leaves van Waboomstraal met 24-10 te verslaan. Adias se drieë is gedruk deur Piet Dondas (skrumskakel), Bradwill Gericke (losskakel), Phillip Arries (binnesenter) en Jaco Swart (buitesenter). Prinsloo het twee van die drieë verdoel. Adias is los voor op die punte-leer. Adias se volgende wedstryd is teen Swings op Haarlem. (Foto verskaf.)