
Herman Hanekom en André Fouche.
Deur Ben du Preez
ALTESAME 27 renjaers van Oudtshoorn en George het Saterdag mekaar die stryd aangesê op die Arnold de Jager-ovaalbaan by Oudtshoorn.
Daar is meegeding in vyf kategorieë, naamlik die SWD Ontwikkelingsklas, “heavy metal”, gemodifi- seerde 2,1-sedanklas, 8-silinders en die gemodifiseerde16,60-sedanklas.
Herman Hanekom van Oudtshoorn het die SWD Ontwikkelingsklas gewen en André Fouche, ook van Oudtshoorn, die 16,60-klas.
Dit was die eerste keer in sy loopbaan dat Fouche ’n eindronde wen.
Renjaers van George het drie van die kategorieë gewen.