Deur Garnett Wicomb
DIE tweede been van vanjaar se 190’s-spanliga van die Eden Seniors Tennisvereniging word Saterdag (11 Mei) op George aangebied.
Altesame 16 mans en 12 vroue-spanne het vanjaar ingeskryf. Elke span bestaan uit vier spelers.
• Voordat die dag se tennis begin, vind die vereniging se algemene jaarvergadering vanaf 08:00 in die klubhuis plaas.