
Otneill Baartman, Western Hope- krieketspeler wat ook vir SWD speel, gaan einde Mei sy loopbaan by die Vrystaatse Knights voorsit. Volgens Albertus Kennedy, hoof uitvoerende bestuurder van SWD Krieket, is Baartman ʼn snelbouer met baie potensiaal en ’n baie hoë werkverrigting. Sy afwesigheid sal ’n leemte in die SWD-span se boulaanval laat. Baartman het in ’n onlangse driedagwedstryd teen KwaZulu-Natal 14 paaltjies geneem. Baartman het die SA Colts in 2016 verteenwoordig en verdien om op ʼn hoër vlak te speel, sê Kennedy.