Wesbank se koor deur na volgende Sing in Harmonie

Die koorafrigter van die Laerskool Wesbank, Chrisna du Preez, en die skool se hoof, Waldo Cloete, met die trofee wat hulle Maandag ontvang het. Foto: Facebook Laerskool Wesbank

Die koorafrigter van die Laerskool Wesbank, Chrisna du Preez, en die skool se hoof, Waldo Cloete, met die trofee wat hulle Maandag ontvang het. Foto: Facebook Laerskool Wesbank

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE skoolkoor van Laerskool Wesbank op Oudtshoorn het Maan­dagaand deurgedring na die volgende rondte van kykNET se Sing in Harmonie-koorkompetisie.

Sing in Harmonie is die grootste skolekoorkompetisie in Suid-Afrika.
Vyf kore het deelgeneem en ’n gehoor van sowat 430 mense het die aand in die saal van Laerskool Wesbank bygewoon.

Die beoordelaars was Phillip Kotze en Hannelie von Sittert.
Die aand se kompetisie sal in Oktober op kykNET uitgesaai word.
Die volgende rondte vind in November in Kaapstad plaas. Al die streekwenners sal dan deelneem.