Leerder van Langenhoven Gimnasium aangewys as landswye prosawenner

Anna-Mart Schutte, ’n graad 11-leerder van Langenhoven Gimnasium, is aangewys as die landwye prosawenner vir senior leerders in die jaarlikse skryfwedstryd van die Bloemfontein Skry­wervereniging. Die skryfwedstryd vind in same­werking met die Nasio­nale Afrikaanse Letterkundige Museum en die fakulteit Geesteswetenskappe van die Vrystaat Universiteit plaas. Sy het ook ’n bedrag aan prysgeld en die prosatrofee losgeslaan met haar kreatiewe pen. Haar skryfwerk sal in die bundel Inkvars 2017 gepubliseer word. Anna-Mart is genooi om die Bloemfonteinse Skrywers­vereniging (BSV) se slypskool vir ontluikende skrywers in Augustus in Bloemfontein by te woon, waar sy die twee trofees en prysgeld sal ontvang.  Foto: Langenhoven  Gimnasium Facebook

Anna-Mart Schutte, ’n graad 11 leerder van Langehoven Gimnasium, is aangewys as die landwye prosawenner vir senior leerders in die jaarlikse skryfwedstryd van die Bloemfontein Skry­wervereniging. Die skryfwedstryd vind in same­werking met die Nasio­nale Afrikaanse Letterkundige Museum en die fakulteit Geesteswetenskappe van die Vrystaat Universiteit plaas. Sy het ook ’n bedrag aan prysgeld en die prosatrofee losgeslaan met haar kreatiewe pen. Haar skryfwerk sal in die bundel Inkvars 2017 gepubliseer word. Anna-Mart is genooi om die Bloemfonteinse Skrywers­vereniging (BSV) se slypskool vir ontluikende skrywers in Augustus in Bloemfontein by te woon, waar sy die twee trofees en prysgeld sal ontvang. Foto: Langenhoven
Gimnasium Facebook