Wen ’n fiets by Laerskool Laurus

Selena Didi, Yolandé de Villiers, Ashlee Misplon en Lume de Koker by ’n fiets wat gewen kan word deur ’n lootjie teen R10 by die Laerskool Laurus te koop. Die skool het vandeesweek Yolandé, SA fietsryer en oud-leerder, voorspoed toegewens met haar deelname eersdaags aan die bergfietsmarathon-wêreldkampioenskap in Italië. Die fiets is deur Essie Esterhyse teen kosprys beskikbaar gestel en deur Lootie Vermeulen gekoop en aan die skool geskenk. Die lootjies is beskikbaar by die skool. Die trekking sal ná die skoolvakansie gedoen word. Foto: Angelique Erasmus