Vyf Langenhoven Gimnasium-atlete oppad na SA’s

Vyf leerders van Langenhoven Gimnasium het gekwalifiseer vir die SA-atletiekkampioenskappe wat op 21 – 23 Maart in Germiston by die Pilditch Stadion gaan plaasvind. Van links voor is Ané Bester (3 000 m dogters o.18), Rouxlé van der Westhuizen (Spiesgooi dogters o.20), Chanelle Bester (2 000 m hindernis dogters o.18), William van Tonder (3 000 m hindernis seuns o.20) en Dwayne Kammies (100 m en 200 m seuns o16). Foto: Verskaf