Swart en Rooi sê mekaar die stryd aan by Struisie Kleure-atletiek

Struisies wat vinnig kan hardloop, hoog kan spring, ver kan gooi of uithouvermoë het, het Woensdag van vroeg mekaar uitgedaag.

Terwyl die kwik teen 13:00 in die dertigs begin draai het, het dit nie die twee spanne se gees gedemp nie.

Die Hoorn herinner ouers en kinders om genoeg vloeistof en water in te pak, sonskerm asook pleisters en ’n skêr in te pak tydens die atletiekseisoen, en om te verseker dat kinders veilig en gesond bly, en tot die beste van hul vermoë kan deelneem. (ANGELIQUE ERASMUS)