Struisies en Bridgton-sportdag
Die Hoërskool Oudtshoorn het verlede Saterdag, 20 Julie, hulle sportdag teen Bridgton Sekondêr gespeel op Struisies se sportvelde. Die gees was hoog tussen die twee skole en wedstryde is met goeie sportmanskap gespeel. Op die foto is ’n speler van Struisies wat oor die doellyn duik, terwyl die verdedigers van Bridgton op hom toesak. Foto: Verskaf