Struisie A wen derbywedstryd

Deur Ben du Preez
Die Hoërskool Oudtshoorn se eerste rugbyspan het Saterdag (13 Mei) op sy tuisveld vir Langenhoven Gimnasium in die hoofwedstryd van die skolesportdag tussen die twee skole met 36-21 geklop.

Die skolesportdag, waar ook in netbal en hokkie meegeding is, is gekenmerk deur opwindende wedstryde en goeie sportmanskap en veggees van albei skole.
Die Struisies het ses keer agter die doellyn gaan kuier. Drie van hul drieë is verdoel. Die Gimmies het drie drieë gedruk waarvan al drie verdoel is.
Ander rugbyuitslae is: o.14A – Struisies wen 15-5; o.15BA – Gimmies wen 29-5; o.16A – Gimmies wen 32-8; en o.19B – Struisies wen 10-5.
• Op die netbalbaan was die mededinging straf met die wedstryd tussen die skole se eerste spanne wat 29-29 gelykop geëindig het. Die res van die netbaluitslae is: o.14A – Gimmies wen 20-11; o.15A – Gimmies wen 24-14; o.15B – Struisies wen 28-6; o.17B – Gimmies wen 14-9; Gimmies o.17A wen Struisies o.18B met 16-15; en Gimmies o.18B wen Struisies o.18C met 22-21.
• Te oordeel aan die eindtelling van 0-0 in die wedstryd tussen die eerstemeisiehokkiespanne was die Struisies en die Gimmies se verdediging puik.

In die wedstryd tussen die eersteseunshokkie-spanne het die Struisies met 1-0 gewen.
Die uitslae van die ander hokkiespanne:

Meisies: o.14A – Gimmies wen 3-0; o.16A – wedstryd 0-0 gelykop; o.16B – Gimmies wen 2-0; en o.18B – Gimmies wen 1-0.

Seuns: o.14A – Struisies wen 2-0; en o.16A – wedstryd 1-1 gelykop.

Keano Claassen, losskakel van die Struisies se eerste span, duik met ’n Gimmie op sy rug oor vir een van sy twee drieë. Keano is as die Speler van die Wedstryd aangewys. Foto: Ebenezer Titus

Keano Claassen, losskakel van die Struisies se eerste span, duik met ’n Gimmie op sy rug oor vir een van sy twee drieë. Keano is as die Speler van die Wedstryd aangewys. Foto: Ebenezer Titus

Steffan Schoeman, kaptein van die Struisies se eerste span, duik oor vir ’n drie in Saterdag se wedstryd. Foto: Ben du Preez

Steffan Schoeman, kaptein van die Struisies se eerste span, duik oor vir ’n drie in Saterdag se wedstryd. Foto: Ben du Preez

Een van die Gimmies duik oor vir ’n drie. Foto: Ebenezer Titus

Een van die Gimmies duik oor vir ’n drie. Foto: Ebenezer Titus