Deur Ben du Preez
ALTESAME 47 sewesrugbyspanne van Wes-Kaapse laerskole en hoërskole het Vrydag en Saterdag (19 en 20 Mei) op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen mekaar te staan gekom in die sesde Badenhorst Slaghuis Zibi Sewestoernooi.
Skole van Bredasdorp, Swellendam, Ashton, Riversdal, Mosselbaai, Grootbrak, George, Knysna, Haarlem, Uniondale, Dysselsdorp, Ladismith, Calitzdorp, Prins Albert en Oudtshoorn het deelgeneem en altesame ’n honderd wedstryde is oor die twee dae gespeel.
Die uitslae van die toernooi, ’n ontwikkelingsprojek van die SWD Arende Rugby-unie, is:
• Bekereindstryde: o.19 – George Sekondêre Skool klop Hoërskool Albert Myburg 15-7; o.16-eindstryd – Bridgton Sekondêr klop Hoërskool Môrester 7-5; o.13-eindstryd – die Laerskool Dirk Boshoff klop Sacred Hearts 27-5.
• Plaateindstryde: o.19 – Bridgton Sekondêr klop Parkdene 22-10; o.16 – George Sekondêr klop Oudtshoorn Vaardigheidskool 26-5; en o.13 – Saturnus Primêr klop Haarlem Primêr 21-19.
• Skildeindstryde: o.19 – Dysselsdorp klop Grootbrak 24-21; en o.16 – Hoërskool Fezekile klop Knysna 36-7.
• Bowleindstryde: Môrester klop Fezekile 26-7; o.16 – Grootbrak klop Haarlem 22-7; en o.13 – PJ Badenhorst klop Bergsig 10-7.