Drie plaaslike trompoppiespanne het Oudtshoorn se naam hoog gehou in vanjaar se SWD Trom-poppiekampioenskap waarvan die vierde en laaste been Saterdag in die De Jager Sportkompleks op Oudtshoorn plaasgevind het.
Die span van die Hoërskool Oudtshoorn (foto bo) is as die hoërskole-kampioen van kampioene gekroon.

Die primêre skole (graad 4 tot 7) is die span van die Laerskool van Reede (foto bo) as die kampioen van kampioene gekroon.

Die junior span (gr 1 – 3) van Laerskool Van Reede (foto bo) is in hul afdeling ook as die kampioen van kampioene gekroon. Foto: Ben du Preez