
Kelly-Ann Kagabo (links) en Antonio Bruiners (regs) van die Laerskool Van Reede op Oudtshoorn is vir die SWD-atletiekspan gekies wat Saterdag aan die Wes-Kaapse Primêre Skolekampioenskap in die Paarl gaan deelneem. Hulle twee en Lyle Afrika (middel) het eerste plekke behaal by die Eden Primêre Skolebyeenkoms op 25 Februarie. Kelly-Ann Kagabo in die 150 m, meisies o.12, Lyle in die 60 m seuns o.9 en Antonio Bruiners in die 200 m hekkies seuns o.13.