
Dertien van die Laerskool Wesbank se atlete het medaljes ontvang by Laerskool Outeniqua van George se atletiekbyeenkoms waaraan twaalf skole van die Eden-distrik deelgeneem het. Voor van links is Duraan Janse van Rensburg en Lida Engelbrecht, middel van links Jeanie du Plessis, Ben-Pierre du Plessis, Morné Otto, Herman Augustyn en Beyaunté Goliath, en agter van links Francois du Toit, Danna Hough, Audan Olivier en Igma Stander.