PJ Badenhorst Primêr in Dysselsdorp het hul nuwe skoolhoof, Enrique Pietersen, verwelkom wat vanaf Januarie 2018 die pos sal beklee. Die voormalige skoolhoof was die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, wat in 2016 uit die onderwys bedank het om as raadslid te dien. Die adjunk-hoof, Vaugh Muller, het daarna as hoof waargeneem. Hier van links is Muller, Pietersen en Desmond Salmans, voorsitter van die SBL.