Graad 7-leerders van Roodewal Primêr in Schoemanshoek het hul “mini-matriekafskeid” by die Oudtshoorn Inn gevier. Foto: Rudy van Heerden
Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Graad 7-leerders van die Roodewal Primêr in Schoemanshoek het Maandagaand hul “mini-matriekafskeid” by die Oudtshoorn Inn gevier.
Anton Titus, kringbestuurder van die Kring 5-onderwysdistrik (Eden en Karoo) was een van die gassprekers. Hy het die leerders met sy lewensverhaal geïnspireer. Een van die oud-leerders, Lee-Handré Piedts, het ook die leerders sterkte toegewens met die pad vorentoe.
“Hierdie was ’n baie soet klas. Ons gaan hulle vreeslik mis. Hulle was ’n unieke groep Graad 7’s. Ek hoop dat hulle volgende jaar sal voortbou op hul sukses en prestasies. Ek wens hulle ’n goeie 2018 vir die hoërskool toe,” sê Petronella Abrahams, prinsipaal van die skool.