Deur Garnett Wicomb
FRANCOIS MAQUASSA is Saterdag weer eerste oor die Parkrun-eindstreep wat die 198ste keer by Surval buite Oudtshoorn plaasgevind het.
Sy tyd was 19:49, slegs vyf sekondes vinniger as dié van Yaron Venter (19:54) wat tweede was.
Patrick Peters, veteraan van die Oudtshoorn Infanterieskool was derde in 20:37.
Ilse Oliphant (26:24) was die eer-ste vrou en die 11-jarige Luthando Nzuza (30:02) die eerste junior.
Altesame 93 drawwers en stappers het Saterdag deelgeneem.
Goeie tye is ook deur Sphiwe Nzuza (22:11), Thozamile Morolo (22:16), Thys Jamneck (22:58), Henry Carstens (24:49), Christo Theart (25:49), Johann Coetzer (25:15) en Hans Lareman (25:47) behaal.