Die 14-jarige Liebe Oosthuizen van Langenhoven Gimnasium het die naweek van 26 en 27 Januarie 2019 op George die Eden TSA Mini 1 o.18 meisies enkelspeltitel gewen. Sy word afgerig deur JK Koch en Tielman Meyer en is ná die toernooi opgeneem in die Edenspan wat volgende maand in Bloemfontein aan die jaarlikse interprovinsiale tennistoernooi vir juniors gaan deelneem. Foto: Garnett Wicomb