NOG twee lede van die Wesbank Tennisklub, Garnett Wicomb en Elmarie Lategan, is pas gekies vir die SA Seniorstennisspanne wat in September vanjaar aan die 39ste ITF Super Seniors Wêreldkampioenskap gaan deelneem.
Hulle is albei gekies vir die 75+ spanne wat van 15 tot 21 September in Umag, Kroasië, gaan speel. Dit is die derde jaar ná mekaar dat Wicomb die span haal en die 10de keer dat Lategan nasionale kleure kry.
Wicomb is die derde gekeurde in sy ouderdomsgroep en Lategan die tweede gekeurde vrou in dié groep.
• Christine van Coller en Rida Bes-ter is gekies vir die SA span wat in Augustus in Lissabon, Portugal, aan die 50+ kampioenskap deelneem.