Nege leerders van Laerskool Laurus op Oudtshoorn wat die afgelope vakansie aan die Jeugskou WP Kampioenskap in Bredasdorp deelgeneem het, is vir die WP-span gekies wat in die Septembervakansie aan die SA Kampioenskap in Vryburg gaan deelneem. Hulle is voor van links Louwan Louw, Dirk-Harold Mostert en Dadrey-Ann Snell. Agter van links is Monique Klein, Inamari van der Westhuizen, Wilmé Stander, Andri Raal, Riana Louw en Anton Louw. Foto verskaf