Laurus o.13A krieketspan klop Van Reede

Die 0.13 A krieketspan van Laerskool Laurus het Woensdag, 14 Februarie hul wedstryd teen Laerskool Van Reede gewen. Laurus het 144/3 aangeteken, met Jared Wynand met 48* lopies en Levi Schroëder met 36*.

Van Reede is almal uitgeboul vir 51 lopies. Laurus wen met 93 lopies, met Levi Schroëder wat 3 paaltjies geneem het en Caleb Johannes met 2 paaltjies. Foto: Facebook