Laurus- atlete ryg rekords in

Twaalf leerders van die Laerskool Laurus het by die skool se kleuresportdag op Dinsdag, 15 Januarie, skoolrekords laat waai. Hulle is voor van links Sylverster Swiegelaar (60 m seuns o.7), Tammy-Kay Lottering (60 m meisies o.8), Declan Anthony (60 m en 80 m seuns o.7) en Leswin Felix (80 m seuns o.9). Middel van links is Dirk Harold Mostert (hoogspring seuns o.9), Rianca Alberts (60 m meisies o.7), Shané Pikaan (60 m en verspring meisies o.9) en Aldo van Wyk (60m seuns o.8). Agter van links is Diego Wagenaar (100 m seuns o.10), Juanté Booysen (80 m seuns o.10), Ruscka Grobler (hoogspring meisies o.9) en Bronwin Swiegelaar (70 m hekkies seuns o.10). Dié atlete het ook deelgeneem aan die eerste ronde van die streeksbyeenkoms wat Dinsdag, 22 Januarie, in die De Jager Sportstadion plaasgevind het.