
Vier seuns van Langenhoven Gimnasium is gekies vir SWD-hokkiespanne. Hulle is van links Ryno Nolte, Niël Els, PW van Heerden en Dian le Grange. Niël, kaptein van Gimmies se eerste hokkiespan, het Saterdag ’n besondere mylpaal behaal deur sy 50ste wedstryd vir die eerste hokkiespan te speel.