Graad 2-leerders van Laerskool Laurus sing “Open the eyes of my heart, Lord” by die skool se eerste Passiespel wat Dinsdagaand in die Oudtshoorn Burgersentrum aangebied is en deur sowat 700 mense bygewoon is. Volgerns Ronel Huysamen, skoolhoof van Laurus, is dit die skool se droom om die passiespel ’n jaarlikse instelling te maak en dat Oudtshoorn se ander skole en rolspelers ook sal betrokke raak sodat dit ’n Oudtshoorn Passiespel sal raak. Sy sê die skool het besluit om die passiespel aan te bied omdat hulle die behoefte ervaar het om vir die Here dankie te sê vir al die seën wat die skool ontvang. Foto: Carine Coetsee