Verskeie hoërskole in en om Oudtshoorn het die afgelope langnaweek benut om hul matriekafskeide te hou. Met die ekstra vakansiedae kon leerders hul groot aand geniet sonder om akademiese tyd in te boet. Skole sê die skuif help om druk op die skoolkalender later in die jaar te verminder.
Die geleenthede was vol styl en opgewondenheid en verskeie foto’s is met trots op sosiale media gedeel. Dit blyk tog dat sommige matrikulante koud gekry het met die koue en sneeu wat almal in die Klein Karoo onverwags gevang het.
Ten spyte daarvan het elkeen tog spoggerig gelyk. Hier is ’n paar foto’s wat op 30 April 2026 van Auriel Kollege asook Dysselsdorp Sekondêr se matrieks geneem is.
Stuur gerus jou matriekafskeidfoto’s van 2026 na admin@hoorn.co.za, dalk plaas ons jou in die volgende koerant.
Koue stuit nie matrieks in hul aandrokke
Foto’s: JMO Pro, Rudy van Heerden en verskaf