Idols – Tien deur na halfeindronde

Die sangers Paul Amas (links) en Marisca Rain (regs) saam met van die semi-finaliste wat Dinsdagaand aan die laerskole-Idols op Oudtshoorn deelgeneem het. By hulle is voor links Dawn Dondas, Jana Barnard, Jordan Louw en Lada Barnard. Agter van links is Lodewyk Esterhuizen, Maxine Fortune en Ronique Bronwin Prins. Foto
Angelique Erasmus

Deur Angelique Erasmus
DIE semi-finale ronde van die jaarlikse Oudtshoorn Laerskool-Idols het Dinsdag­aand soos vorige jare by Brian’s Grill op die dorp plaasgevind.

Tien semi-finaliste het meegeding om die finale rondte te haal wat op 22 Augustus sal plaasvind.
Die vyf jong sangers wat deurgedring het na die finaal is Dawn Donas, Lada Barnard, Lodewyk Esterhuizen, Erin Trimm en Lihanri van Langelaar.

Die hoërskool-uitdunne het gisteraand plaasgevind met die hoërskole-finaal op 23 Augustus.
Drie permanente beoordelaars, Pietie Muller, Theresa Matthee en Marchal Kalp, het vanjaar die moeilike taak om die sangers uit te dun.

Daar is ook elke keer ’n gasbeoordelaar en Dinsdag was Marisca Rain in die stoel.

Die bekende sanger Paul Amas is die seremoniemeester van die sangkompetisie.