Hoërskool Oudtshoorn het Woensdagoggend, 18 November, sy borge tydens ’n spesiale borge-ontbyt by Queen’s Hotel op Oudtshoorn vereer.
Die geleentheid is aangebied om terug te kyk op die afgelope jaar se hoogtepunte, belangrike mylpale te vier en erkenning te gee aan die besighede en individue wat die skool deur hul ondersteuning en betrokkenheid bystaan.
Gerrit Rudolph, Struisies se hoof het die geleentheid gebruik om die skool se waardering teenoor sy borge uit te spreek en die belangrike rol wat hulle in die skoolgemeenskap speel, te beklemtoon.
Hoërskool Oudtshoorn bedank borge tydens spesiale ontbyt
Borge Woensdagoggend by Hoërskool Oudtshoorn se borgeontbyt. Foto verskaf
Be the first to comment on "Hoërskool Oudtshoorn bedank borge tydens spesiale ontbyt"