Groot toutrek by skool

Die Oudtshoorn Vaardigheidskool se 440 kg- en 480 kg-seunsspanne wat Saterdag aan die Eden Interstreektoutrekbyeenkoms gaan deelneem, is voor van links Dehaine Rooi, Donovan Piedt, Kenneth Jumaats, Dwight Botha en Stefanus Jansen, en agter van links Brain Tiemie, Dimion Witbooi, Julandrė Lambanie,  mnr Hannes Botha (afrigter), Maverick Swart, John Pieter Baartman en Adriaan Moos.  Foto’s: Ben du Preez

Die Oudtshoorn Vaardigheidskool se 440 kg- en 480 kg-meisiespanne wat Saterdag aan die Eden Interstreektoutrekbyeenkoms gaan deelneem, is voor van links Hannalie Majola, Hendrolen Prinsloo, Keisha Malgas, Elzania Ruiters en Rosslyne Arries, en agter van links Judy Abrahams, Abigail Paulse, Galiema Allie, Fernicia Frazenburg, me Jolindi Jordan (afrigter), Deldene Mampa, Lazalene Stuurman, Khanyisa Gantsana en Sianay Kasper.

Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Vaardigheidskool speel Saterdag (11 Maart) weer gasheer vir die Eden Interstreektoutrekbyeenkoms wat op een van die skool se rugbyvelde langs Albertstraat plaasvind.

Toutrekspanne vanoor die hele Eden- en Overbergstreek sal in aksie wees by die kampioenskap wat deur Pennypinchers/Timbercity geborg word.

Altesame 600 toutrekkers, wat seuns en meisies van laer- en hoërskole insluit, gaan op Oudtshoorn kom toutrek. Onder die skole wat gaan deelneem, is die Hoër Landbouskool Oakdale, die Hoërskool Swellendam, Van Kervelskool, die Laerskool Hartenbos en die Laerskool Laurus.
Die byeenkoms begin om 08:00 en daar sal kosstalletjies met lekker eet- en drinkgoed wees.

Dié byeenkoms is die voorloper tot die SA Toutrekkampioenskap wat van Donderdag tot Saterdag, 23 tot 25 Maart, in die Strand gehou word.

Saterdag se verigtinge word voorafgegaan met ’n besigheidstoutrek vanaand (Donderdag) by die skool se sportgronde. Twintig spanne van onder meer PSP, Pennypinchers, die KKNK, Aifa, die Saag Jonker-groep en die Vaardigheidskool het reeds hul deelname bevestig.

Die doel van byeenkoms is nie net om toutrek te bevorder nie, maar ook om sosiaal saam te verkeer. Daar sal verversings te koop wees en die aand beloof om baie pret te verskaf.

Gavin Block, hoof van die Vaardigheidskool, nooi die gemeenskap om as toeskouers die toutrek-kers te kom ondersteun.