Laerskool Wesbank se jaarlikse MTB en Trailrun, die Leopard Crawl, is Saterdag 15 Februarie aangebied. Sowat 180 fietsryers het aan die 72 km, 45 km en 18 km afstande deelgeneem terwyl meer as 50 hardlopers die 12,5 km Trailrun aangepak het.
Die dag se maksimum temperatuur het rakelings onder die 30°C gedraai met 29°C.
Na afloop van die dag was daar verskeie geluktrekkings, en het deelnemers en hul families heerlik onder die koeltebome saam gekuier, terwyl die jongklomp gespeel het. Foto’s: verskaf




