Gimmies voer botoon

Aksie uit die wedstryd tussen Gimmies en Struisies se eerste rugby-spanne. Foto: Ebenezer Titus

DIE eerste rugbyspan van Langenhoven Gimnasium het hul eweknieë van die Hoërskool Oudtshoorn op die Struisievelde met 53-12 oorrompel.

Behalwe die Struisies se o.16A-span wat die Gimmies met 34-12 geklop het, het al Gimmies se ander spanne gewen, die o.14A’s met 20-12, die o.15A’s met 58-10 en die o.19B’s met 38-5.

Op die hokkieveld het sake meer gelykop verloop.

Die Gimmies se eerste meisiespan het ’n taai stryd met 1-0 gewen. Al die ander spanne het gelykop ge-speel: die o.14A’s met 0-0, o.16A’s met 4-4, die o.16B’s met 1-1, en die o.18B’s met 0-0.

Gimmies se o.18A-span het met 4-1 gewen terwyl die Struisies se o.16-span met 1-0 gewen het.
Die netbal, wat al verlede Dinsdag gespeel is, is deur die Gimmies oorheers.

Hul o.18A’s wen 27-20, o.18B 26-15, o.18C 31-12, o.16A 24-18, o.16B 13-10, o.16C 15-4, o.14A 43-2, o.14 B 25-2 en o.14C 9-8.

• In ’n sporttiewe en mooi gebaar het die Struisies die volgende plasing op hul Facebookblad geplaas ná Saterdag se interskole: “Struisies wil net vir Gimmies bedank vir die lekker sportdag Saterdag! Geluk met jul mooi uitslae en sterkte vir die res van die jaar.”

Aksie uit die wedstryd tussen Gimmies en Struisies se eerste hokkie-spanne. Foto: Ebenezer Titus