Die o.15-krieketspan van Langenhoven Gimnasium het voorwaar Saterdag ’n rede gehad om fees te vier. Die span het op die Gimmies se velde die Hoërskool Sentraal van Beaufort-Wes in ’n SWD Superskoleliga-wedstryd met ’n allemintige 441 lopies verslaan, wat sover vasgestel kan word ’n rekordoorwinning is.