Wilton Hoogbaard, heelagter van Bridgton Senior Sekondêr se eerstespan, op pad na die doellyn in sy span se wedstryd verlede Donderdag op BSS se rugbyveld teen die Hoërskool Uniondale. BSS, wat met 57-17 gewen het, ding vanjaar mee in die SWD Mediumskoleliga, die liga waarin die Hoërskool Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Punt speel. BSS is ook genooi om van 28 Maart tot 4 April in Brackenfell aan die Tony Stoopsrugbytoernooi deel te neem waaraan 32 spanne gaan deelneem. BSS is die eerste skolerugbyspan uit ’n agtergeblewe woongebied wat na die toernooi genooi is. Foto: Ebenezer Titus