
Tien atlete van Langenhoven Gimnasium is ná Saterdag se SWD Interskole-atletiekkampioenskap in die De Jager Sportstadion vir die SWD-span gekies wat op 17 en 18 Maart in die Paarl gaan deelneem. Die Gimmies wat vir die span gekies is, is voor van links Minette Greeff (gewigstoot meisies o.15), Jené Snyman (spiesgooi m o.17), Hannelize Olivier (spiesgooi m o.14), Amanda Vermeulen (200 m m o.17) en Jurinda Martin (hoogspring m o.17), en agter Mynhard Cronje (diskusgooi seuns o.15), Prinshane Carolus (hoogspring s o.17), Johannes Olivier (hoogspring s o.15), Ricky Martin (hoogspring s o.14) en Bianca le Grange (100m, 200m en 400 m mo.19). Foto: Ben du Preez