Twee staatmakers met 85 jaar-ervaring!

Irene Fourie (links) en Thea Fourie, twee staatma-kers wat onderskeidelik reeds 35 jaar en 50 jaar lank by Watson & Brink Apteek op Oudtshoorn werk.

TWEE staatmaker-werknemers van Watson & Brink Apteek op Oudts-hoorn, spog met ’n ongelooflike 85 jaar se ervaring by dié apteek!

Thea Fourie werk nou reeds 50 jaar lank by Watson & Brink, terwyl Irene Fourie 35 jaar daar werk.

Hulle het albei kort nadat hulle matriek geskryf het, by dié bekende apteek op Oudts­hoorn ingeval.

Thea, wat as administratiewe klerk by die apteek werk, vertel sy was 19 jaar oud toe sy in die administratiewe afdeling daar begin werk het.

Sy is gebore op Reitz in die Vry-staat en vertel sy het op 11-jarige ou-derdom saam met haar familie Oudtshoorn toe getrek.

“Ek geniet nog al die jare my werk by Watson & Brink baie,” vertel Thea. “Ek help graag ook op die vloer as dit nodig is en het oor die jare nog nooit gevoel om nie werk toe te gaan nie.”

Irene, wat as vyfjarige saam met haar fa­milie van Graaff-Reinet in die Karoo na Oudtshoorn toe getrek het, werk op die apteek se vloer en is ’n bekende gesig op Oudtshoorn.

“Ek is ’n trotse Oudtshoorniet en geniet dit om vir kliënte raad te gee en van hulp te wees.”

Sy vertel dat sy en Thea oor die jare ’n wonderlike verhouding van saamwerk en spanwerk opgebou het en altyd daar is om mekaar te help.

“Dis elke dag lekker om te gaan werk,” sê sy.