Sake-aflos het lekker ‘vibe’

DIE Timbercity Klein Karoo Sake-aflos Maandag op die Rec en die Hoërskool Oudtshoorn se sportgronde het te midde van ’n feestelike stemming plaasgevind.

Die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) het die aflos vanjaar weens finansiële oorwegings van Baron van Reedestraat na die twee sportgronde geskuif. Die aflos se roete het op die Rec voor SWD Krieket se kantore begin, om die krieketveld gelei vanwaar deelnemers ’n draai op die Struisie­sportgronde gemaak het en terug na die Rec.

Almal was dit eens dat die nuwe venue uitstekend gewerk het.
Uit die 42 spanne wat ingeskryf het, het 21 aan die stap-aflos en 21 aan die hardloop-aflos deelgeneem. André van Greunen van Timbercity, hoofborg, het die deelnemers afgesit.

Elke deelnemer wat klaargemaak het, is met ’n medalje beloon terwyl die kategorie-wenners goud ontvang het. Die wenners was:
• Mans: 1ste KKAF; 2de SANDF; en 3de Crossfit Oudts­hoorn B;
• Vroue: 1ste Laerskool Wesbank;
• Gemengd: 1ste Langenhoven Gimnasium; 2de Crossfit Oudtshoorn A; en
3de Crossfit Black Mountain;
• Besighede: 1ste Plaspac;
• Hoërskoolseuns: 1ste Vaardigheidskool; 2de Struisies Hokkie; en 3de Vaardigheidskool B;
• Hoërskoolmeisies: 1ste Struisies Hokkie; en 2de Struisies Netbal;
• Laerskoolseuns: 1ste Laerskool Wesbank;
• Laerskolmeisies: 1ste Laerskool Wesbank; en
• Stap: 1ste Infantery School Physical Training Sport & Recreation; 2de Signa Academy; en 3d Wimpy.

Pryse vir die beste kostuums is ook uitgedeel.