Olga Minnie
Olga MINNIE, mede-eienaar van Bushman Curious in Baron van Reedestraat in Oudtshoorn is ’n sakevrou soos min.
Sy en haar man, John Minnie bied ’n reeks produkte wat hulle self maak en verkoop.
“Ons het ook ’n groot reeks kurioprodukte soos volstruisleer-produkte, vol- struisdoppe en volstruisdop-juwele.
“Daar is ook ’n reeks handvervaardigde goud en silwer olifanthaar-juwele en ’n groot reeks wildvelle en kussings.”
Hoewel Olga se passie besigheid is, is haar man, John, haar kinders en kleinkinders haar eerste prioriteit. Sy rig ook ’n woord van dank aan Adele Meyer, wat reeds 11 jaar by haar werk en altyd haar beste lewer.
“Kom besoek ons vir daardie spesiale geskenk vir ’n geliefde!”