Marina Oosthuizen (middel, eienaar van Pampering for You) by van links Michelle Anthony en Robin Nortjé. Foto: Wyndham Ewerts
Pampering for You se Marina is ’n borrelende warm terapeut wat ingestel is op die holistiese welstand van haar kliënte.
Afgesien daarvan dat haar helende hande stres uit stywe spiere masseer, soek sy altyd na iets nuuts soos “cupping” en spesiale veilige massering vir swanger vroue.
Volgende op haar lys is massering vir onkologie-pasiënte. Elkeen van die produkte wat sy gebruik, word deeglik nagevors sodat newe-effekte tot die minimum beperk word. Die mooimaak-gedeelte van Pampering for You het onlangs die Dermapen met welslae begin gebruik saam met hul sterproduk, Vitaderm.