Die Klein Karoo Sakekamer (KKSK) het op Donderdagaand, 16 Augustus, ’n netwerkaand by die Queen’s Hotel op Oudtshoorn gehou waartydens kennis en idees uitgeruil is en verteenwoordigers van nuwe besighede ontmoet is. Hier van links is Lesego Maruping (Badri Accounting Solutions), Jetro Grootboom (CO-OP Banking), Hendrik Ruiters (raadslid), Joan Lottering en Xavier Appels. Agter van links is Kosie Jansen, Frederick Schroeder (voorsitter KKSK) en Llewellyn Coetzee (bestuurder strategiese dienste by die munisipaliteit). Foto: Wyndham Ewerts