Geen bevestiging oor Dis-Chem

DIE Hoorn kon die week geen bevestiging kry vir bespiegelinge op Oudts­hoorn dat Dis-Chem na die dorp kom nie. Inwoners beweer dat hulle dié nuus by die Dis-Chem in George gehoor het.

Volgens Mark Norton, bemar­king­bestuurder vir die Dis-Chem-groep, is hy nie bewus van enige tak wat hier gaan oopmaak nie. “Daar is niks op ons nuwe winkel-skedule wat aandui dat ons op Oudtshoorn gaan open nie,” het hy per e-pos laat weet. (Deur Angelique Erasmus)