Die eienaar van Feathers Body and Face Centre by Van der Rietstraat 21 op Oudtshoorn, Yolandi Schoeman (middel). Links van haar is Vanessa van Rooyen (skoonheidskundige) en regs Chantelle Marais (haarkapster). Foto: Wyndham Ewerts
Deur Wyndham Ewerts
Feathers Body & Face Centre, bekende skoonheidsalon op Oudtshoorn, het vandeesweek sy deure geopen by ’n nuwe perseel te Van der Rietstraat 21, oorkant die Oudtshoorn Inn Hotel.
Yolandi Schoeman, eienaar van die salon, vertel sy was sedert haar skooldae dol daarop om haar vriendinne op te dollie. “Dit was nog altyd ’n pas-sie van my om mense goed oor hulleself te laat voel, en daarom het ek destyds besluit om ná skool by die Riana International Academy op George verder in hierdie rigting te studeer. My internskap het ek in 2007 by die vorige eienaar van Feathers, Margo Olivier, gedoen.
“Toe die geleentheid om die besigheid te koop dit egter in 2008 voordoen, het ek dit dadelik aangegryp,” vertel Yolandi.
“Ons het die perseel binne en buite netjies met ’n passende tema oorgeverf en ook groot gemaklike leunstoele en luukse dekor ingebring.”
Sy sê die feit dat die salon amptelik op die eerste dag van Vrouemaand open, is vir haar ekstra spesiaal.
Nuwe dienste en produkte wat aangebied word, sluit bankkaartfasiliteite, Nuskin body spa treatment, haarkapperdienste, galvanic facials asook die reeks Rockrose Bebe-babaklere in. Die kinder-velsorgproduk Dermi C wat ook geskik is vir droë velle en ekseembehandeling, is eksklusief by Feathers beskikbaar.
Vir hul persoonlike behoeftes kan kliënte kies tussen ’n verskeidenheid skoonheidspakkette. Vir ’n afspraak skakel 044 272 7236 of stuur ’n WhatsApp na 078 451 0558 of ’n e-pos na yolandivnzl@gmail.com.